Aaaggggg nee, Kool mamma!!????

Ek kan onthou hoe ons as kinders kool ge(haat) het. Ja ons het nie van kool gehou nie. Dit was ‘n nee-nee en die trane het sommer begin rol as ons kool in ons bord sien. Ons arme ma. As sy maar net geweet het daar is ander maniere om kool voor te brei dan sou sy minder slapelose nagte gehad het oor kinders wat nie hulle groente wou eet nie. Kyk na die video en toets gerus die resep op die kinders en kyk of hulle nie ook kool-fanatikuste gaan word soos ek vandag is nie!

Gemaak met 400g kool: Njammies!